Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Prosa & poësie » "Hooglied" deur LINA SPIES
"Hooglied" deur LINA SPIES [boodskap #10616] So, 07 September 1997 00:00
G.B.  is tans af-lyn  G.B.
Boodskappe: 2179
Geregistreer: Mei 1997
Karma: 0
Senior Lid
HOOGLIED
Lina Spies

Ek is 'n afgesnyde koringland
met net 'n paar gerwe langs die kant,
'n geplukte wingerd met net 'n paar trosse
vir die vreemdeling
die arm verbyganger
die nie-grondbesitter.

Ek het my aan jou gegee
vir die trapvloer en die wynpers
en nou gee ek jou die brood terug
om daaraan te stik
en die volle beker wyn
dat dit mag smaak presies net soos asyn.

Ek is bruin soos Salomo se Sulamutiese
omdat ek woon by die tente van Kedar,
'n Bedoe�n is
'n woestyn-mens
'n nie-gevestigde.

Net: jy is geen Salomo nie,
jy besit nóg die wysheid nóg die koningskap,
omdat jy my nie meer bring in die wynhuis nie.

Sou jy dit doen,
sal ek weer vol in die aar staan
en die plukkers versamel onder my donker, uitgeswelde trosse
soos die jaloerse dogters van Jerusalem.
Vorige onderwerp: "Die afskeid van Esther" deur FERDI GREYLING
Volgende onderwerp: "Verrotte Wette" deur PATRICK PETERSEN
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Vr Mei 10 18:49:47 MGT 2024